Uitkering op Belegging
NoFlat help om koste op 3 sleutel gebiede te bespaar: staantyd, band koste en brandstofonkoste. Vir baie van ons kliente betaal die aanvanklike belegging in NoFlat‘n paar keer vir homself.
Verminder staantyd as gevolg van ‘n pap wiel
NoFlat beskerm jou bande teen lekke en gevolglik bly jou voertuig langer padwaardig. Onbeplande staantyd vir bandherstel is duur en kan jou skedule en diens kwaliteit deurmekaar gooi. Die papbandkoste kan selfs jou volgende projek se verlieskoste insluit.
Verlengde
bandlewe
Bande wat nie genoeg lugdruk het nie veroorsaak voortydige verwering op die bandvlak en verminder die moontlikheid van herversooling. Sou die min banddruk onbelemmerd voortgaan, sal dit ernstiger probleme soos oorlading, verskillende lugdruk in bande op ‘n tweeledige posisie, en selfs die skielike ingee van die band veroorsaak.
NoFlat handhaaf die optimale banddruk. Jy sal meer myle uit jou bande en ‘n vermindering in die voertuig staantyd kry.
Verbeterde Brandstofverbruik
Wanneer banddruk te min is, vermeerder brandstofverbruik. Deur die regte banddruk te handhaaf, verbeter NoFlat jou brandstofverbruik met tot soveel as 3 persent. Wanneer mens vandag se brandstof pryse in ag neem, is hierdie besparing nie te versmaai nie.



