Vrae wat gewoonlik gevra word
Wat is NoFlat band verseëlaar?
NoFlat band verseëlaar behou die regte lugdruk in bande, help bande
om tydens gebruik koeler te bly en seël lekke tot ¼” (6mm)
groot vir padgebruikers en 3/8”(10 mm) vir niepad/ veldvoertuie. NoFlat
beteken kostebesparing.
Wat doen NoFlat band verseëlaar?
NoFlat band verseëlaar…
- seël bandvlaklekke van tot ¼”(6mm) in padvoertuie en
3/8”(10mm) in veldvoertuie (“off-road”)
- voorkom poreuse lekke
- voorkom spanrand lekke
- hou die bande tydens gebruik koel
- verleng die lewe van die vellings deur roes te voorkom
- verleng die lewe van die band deur die korrekte banddruk te handhaaf
- verlaag brandstofverbruik
- verminder bestuurder/voertuig staantyd
- verbeter bestuursveiligheid
Hoe herstel NoFlat band verseëlaar ‘n beskadigde
band?
Kliek hier vir ‘n verduideliking.
Hoe verleng NoFlat band verseëlaar bandlewe?
‘
n Band wat te pap is buig oormatig waar dit die padoppervlakke ontmoet.
Buiging genereer hitte wat weer die bandvoering beskadig. NoFlat band
verseëlaar verleng bandlewe deur die regte banddruk te behou.
Hoe
help NoFlat band verseëlaar om brandstof koste te verminder?
Wanneer die band te pap is vertraag dit die rolbeweging van
die band, en word die brandstof verbruik betekenisvol meer. NoFlat
verminder die
brandstofkoste deur die banddruk eengalig konstant te hou.
Hoe
word NoFlat geinstalleer?
Kliek hier vir volledige
installeringshandleiding.
Hoe lank hou NoFlat band verseëlaar?
NoFlat sal vir die leeftyd van die band hou, solank dit nie op enige manier
besoedel word nie.
Is NoFlat temperatuur sensitief?
Nee, NoFlat is ontwikkel vir temperature van –52 C tot +112 C.
Wanneer die temperatuur onder –52 C is sal Noflat nie verhard of aan die band vasklou nie. Dit sal loperig (“slushy”) word en as die temperatuur nog verder daal, sal kristalle gevorm word. Dit is egter nie ‘n permanente verandering nie, sodra die band begin draai sal Noflat weer vinnig na sy oorspronklike vloeistofvorm terugkeer.
Kan ‘n band
met NoFlat weer versool word?
Ja. Inteendeel NoFlat sal ‘n baie stewiger voering handhaaf
wat die versolingsproses vergemaklik. NoFlat het ‘n waterbasis
en kan maklik tydens versooling of ‘n groot herstelpoging met
koue water uitgespoel word.
Maak die installeering van NoFlat die vervaardigingswaarborg
nietig?
Nee. NoFlat beinvloed nie die band-vervaardigerswaarborg nie.
Is
NoFlat veilig?
Ja. NoFlat is absoluut veilig om te gebruik. Dit is omgewingsvriendelik en nie-vlambaar.
Kan
NoFlat in bande met ‘n binne-band gebruik word?
Gebruik slegs NoFlat ITS (inner tube sealant) in bande met binnebande.
Kan NoFlat skade aan die sykant van die band herstel?
Nee. Noflat werk op die loopvlak van die band waar die meeste skade voorkom.
Moet
ek die voorwerp wat die lek veroorsaak verwyder?
Ja. Wanneer die voorwerp verwyder word, word die seël
gevorm wat ‘n
leeftyd sal hou.
Waarom sal ek NoFlat verkies bo ander band verseëlaar
produkte?
NoFlat band verseëlaar se unieke formulering werk elke
keer effektief, selfs tydens lang ritte en in buitengewone weertoestande.
Skakel
NoFlat die nodigheid van gereelde band onderhoud uit?
NoFlat is ‘n effektiewe manier van voorkomende onderhoud vir jou
bande, maar vervang nie gewone bandonderhoud prosedures nie.
Indien jy enige ander vrae het, kontak NoFlat.


